Share

Liefde vir sy gesin

Louis Engelbrecht

 

Christo was 'n klein seuntjie, met 'n ondeunde laggie en BAIE liefde in sy hart. Vir elkeen was hy lief, en noudat mens daaraan dink, het hy iets besonders vir elkeen gehad.

Sussie was sy alles. Sondae-middae moes hy op haar bed slaap. Baie aande het hy by haar aan die slaap geraak. Hy was ook versot op die slaaptyd stories wat Zani vir hom gelees het voor slaaptyd.

Coert was natuurlik sy ouboet en hy wou alles doen wat sy broer gedoen het. Coert was sy ouer broer en hy wou soos hy wees.

Antjie was sy geliefde tannie gewees wat Sondae kom kuier het. Baie middae nadat hy by die kleuterskool opgelaai is, wou hy tog maar net by Antjie gaan kuier het.

Mamma was altyd daar vir hom gewees. Sy spesiaalste mens waar hy altyd veilig was solank hy maar net kon nekkie-slaap en sy tietie-bottel-melkie kon kry.

Dan was daar Pappa gwees. Die een wat hom laat lag het en wat hy 'n Funny Bunny genoem. Christo en sy Pappa het altyd saam laatgeslaap terwyl die res van die gesin in die oggende reggemaak het. Vir Christo was dit 'n groot bederf was Pappa hom by die kleuterskool gaan oplaai het. Dan kon hy nie vinnig genoeg sy sak en sy huistoe gaan koekie kry nie.

Hy was lief vir ons en ons vir hom. Ons mis hom . . . . . . .

You are here

Liefde

Theme by Danetsoft and Danang Probo Sayekti inspired by Maksimer