Liefde vir karretjies
Louis Engelbrecht
Christo was baie lief vir karretjies. Hy kon ure lank met sy karretjies speel. In die middae as sy ma hom by die kleuterskool gaan haal het, moes sy ma elke kar wat verbykom se naam aan hom noem - Elke kar.
En partymaal as sy ma 'n kar se naam noem, sy hy sê nee. Dan moes sy ma maar weer probeer - die keer met die regte naam.
Die oggend voordat hy hospitaal toe vir sy noodlottige besoek aan die dokter, het hy nog op sy mamma se skootrekenaar Cars gekyk voordat hulle gery het. Daardie oggend wou hy vir Koos die hond, by hom gehad het. Koos het dus by hom op die mat gelê terwyl hy die fliek gekyk het.Op hierdie foto kan ons sien hoe hy tot met sy stukkende karretjies gespeel het.
Terwyl ek besig was met my Meestergraad in Rekenaarwetenskap het Christo altyd by my kom sit ek speel by die tafel soos in die foto. Hy was so 'n deel van my graad gewees. As ek gewerk het, het hy by my kom sit.
Dankie Pappa
Louis Engelbrecht
Twee weke voordat Christo hospitaal toe is vir sy noodlottige doktersbesoek het ek met die ouer twee kinders gaan fliek. Dit was koud en ek het alleen met Coert en Zani gaan fliek. Na die fliek het ons in die sentrum rondgeloop. Daar in 'n winkel het ek vir Christo 'n rooi Lightning McQueen karretjie gekoop.
Christo was versot op die karretjie gewees.Die aand voordat hy hospitaal toe is (dit was 'n Sondag aand gewees), het ons almal in die sitkamer TV gekyk. Die volgende oomblik spring Christo op en gee my 'n stywe drukkie met die volgende woorde: "Dankie Pappa, dankie!". Karretjie in die hande.
Terwyl hy in die hospitaal geveg het vir sy lewe, het ons sy karretjie in sy hande gesit. Ons seuntjie is begrawe met die karretjie in sy hande.
Slaaptyd
Louis Engelbrecht
Met slaaptyd het Christo graag sy pa se been getrek. Ek het altyd die kinders probeer om leer op die vraag van wie se kind hulle is, Pappa te antwoord. So het Christo graag grappies gemaak en dan alles behalwe "Pappa se kind" te sê. Met slaaptyd was dit dieselfde. As ek vir hom nagsê het hy begin met: "Nag Mamma. Nag Zani. Nag Coert. Nag Spokie." Vir almal, behalwe Pappa. En dan het hy gewoonlik uit sy magie uit gelag vir sy pa.
Hoe was jou dag?
Louis Engelbrecht
Ek het in die aande gewoonlik voor Marisa by die huis gekom. Ek en my pa het dan die gewoonte gehad om onder die lapa te gesels. Wanneer dan Marisa dan by die huis gekom het, het Christo gewoonlik eers met my kom gesels. Die gesprek het elke aand soos volg verloop:
Pappa: "Halllo Christo. Hoe was jou dag die gewees?"
Christo: "Lekker dag. Pappa dag?"
Pappa: "My dag was lekker. Wat het jy vandag gedoen?"
Christo: "Nellie speel. Erich speel".
Dan het hy in die huis gegaan. Elke aand het so verloop.
Theme by Danetsoft and Danang Probo Sayekti inspired by Maksimer