Share

 Donderdag, 3 Mei 2012. Nege minute voor 8 in die oggend is ons seuntjie gebore. DIt was 'n dag in ons lewens wat ons gesin vorentoe sou verander. Die mooiste ou seuntjie met die meeste liefde in 'n klein hartjie het daardie dag in ons lewens gekom. 'n Wonderlike dag waaroor ons dankbaar is.

 

 


Coert en Zani was so opgewonde gewees. Zani het sommer verklaar dat Christo haar mooiste boetie is en Coert sou sommer dadelik soos 'n ware ouboet vir Christo dinge begin leer het.

 


Antjie was natuurlik ook daar gewees om vir Christo te kom ontmoet.

 


Ouma Sussan was sommer van die begin af lief vir Christo'tjie.

 


Oumagrootjie Marie het ook die nuweling kom bekyk en was sommer trots daarop dat hy na Oupagrootjie Jannie vernoem is - Jan Abraham Christoffel.

 

You are here

Geboorte

Theme by Danetsoft and Danang Probo Sayekti inspired by Maksimer