Cornelis Engelbrecht (1750 - ?)

Cornelis Engelbrecht

Van: 
Engelbrecht
Eggenoot: 
Doopdatum: 
Sondag, Desember 20, 1750
Doopplek: 
Paarl
Lewensbeskrywing: 

Cornelis is gedoop in die Paarl gemeente op 20 Desember 1750 en ook getroud in die Paarl op 27 Oktober 1776 met Aletta DE LANGE. Haar ouers was Johann Heinrich LANGE en Aletta LUBBE. Sy is gedoop in Kaapstad op 12 Maart 1758. Interessant om te weet is dat Johann Heinrich, soos die Engelbrecht stamvader, afkomstig was vanaf Oos-Friesland.
Wanneer ons kyk na die doopinskrywings in die kerkregisters van Kaapstad en Paarl, is dit duidelik dat Cornelis en sy familie tot ten minste 1797 in die Paarl en Tulbagh (ook genoem Rodesand en Land van Waveren) omgewing gewoon het. Op 28 Oktober 1804, doop hy Adriaan Stephanus in Graaff-Reinet. Dus het Cornelis tussen 1797 en 1804 verhuis na die Oosgrens.

Volgens “The Family History of Gerdt Engelbrecht of Norden”, deur Connie Kleynhans, is Cornelis oorlede op 18 Februarie 1840 in die Somerset-Oos distrik.

Cornelis en Aletta het 11 kinders gehad naamlik:
Aletta Catharina Martha, gebore te Rodesand en gedoop op 2  April 1779 te Kaapstad (“behoort onder’t Rodesand”).
Johannes Cornelis, gedoop op 23 Mei 1781 te Paarl.
Gerhardus, gebore te Waveren en gedoop op  8 Desember 1782 te Kaapstad.
Wilhelmus Christoffel, gebore te Waveren en gedoop op  27 Februarie 1783 te Kaapstad.
Catharina Elizabeth Jacoba, gebore te Waveren en gedoop op 20 April 1788 te Kaapstad.
Cornelis Petrus, gebore op 26 Februarie 1790 en gedoop op 15 November 1790 te Paarl.
Barend Jacobus, gebore op 1 Mei 1792 en gedoop op 24 Maart 1793 te Paarl.
Petrus Jacobus Hendrik, gebore  op 29 Desember 1794 en gedoop op 14 Februarie 1796 te Paarl.
Christoffel Johannes, gedoop 17 September 1797 te Paarl.
Adriaan Stephanus, gebore op 11 Julie 1803 en gedoop op  28 Oktober 1804 te Graaff-Reinet.
Elizabeth Johanna, gebore op 11 Julie 1803 en gedoop op 28 Oktober 1804 te Graaff-Reinet.

Die volgende persone was aan bewind gedurende Cornelis se lewe: Hendrik Swellengrebel, Rijk Tulbagh, Joachim van Plettenberg, Cornelis Jacob van de Graaff, Abraham Josias Sluysken, Jan Willem Janssens, Sir David Baird, Henry George Grey, Du Pré Alexander - Earl of Caledon, Sir John Francis Cradock, Lord Charles Henry Somerset, Sir Galbraith Lowry Cole, Sir Benjamin D'Urban en Sir George Thomas Napier.

In 1755 het Rijk Tulbagh die Prag-en-Praal wette geimplementeer om swierigheid onder die Kaapse inwoners te beperk. Dit was ook die jaar waarin ‘n baie ernstige pokke epidemie meer as ‘n 5de van die Blanke bevolking aan die Kaap uitgewis het.
In 1756 breek oorlog uit tussen Frankryk en Engeland. Dit veroorsaak ‘n bloei in die Kaapse ekonomie aangesien beide Franse en Engelse skepe aan die Kaap aandoen. In Desember van 1756 het onder ander 17 Franse oorlogskepe aan die Kaap aangedoen.
Gedurende 1761/1762 het ‘n ekspedisie vir die eerste keer tot binne in die hedendaagse Namibie getrek.
‘n Klein pokke epidemie het weereens in 1767 uitgebreek, maar nie soveel dood soos die vorige een veroorsaak nie.

In 1774 begin fiskaal Boers sy loopbaan aan die Kaap. Hy was baie ongewild by die Vryburgers en sou groot ongelukkigheid veroorsaak.
Die eerste oorlog tussen die Vryburgers en die Xhosas breek uit in 1781 en duur ongeveer 2 maande. Dit is ook die jaar waarin nuus opdaag van die oorlog tussen Nederland en Engeland waarin Frankyk ‘n Nederlandse bondgenoot is.
Franse skepe daag op in die Kaap vir beskerming teen ‘n moontlike Engelse aanval. Dit bring groei en ekonomiese vooruitgang aan die Kaap. Kaapstad het in hierdie tyd dan ook die benaming “Klein Parys” gekry.
Aan die einde van Julie 1781 daag ‘n groot Britse vloot in die omgewing van die Kaap op, maar maar verby aangesien die verdediging aan die Kaap te goed voorgekom het.
In 1784 het die oorlog met Engeland tot ‘n einde gekom.

1786 was die jaar waarin daar ‘n groot droogte geheers het. Graaff-Reinet is ook in hierdie jaar gestig. Verder ook was dit die jaar wat die 2de Oorlog met die Xhosas plaasgevind het.
Van Lynden, wat ‘n moeilike fiskaal was en ook baie ongewild was, het in 1791 stilletjies aan boord gesluip om saam met van de Graaff die Kaap te verlaat. So het hy sy pos en sy vrou net so in die Kaap gelos. Dit het hy uit vrees vir die Vrybugers gedoen.

In 1793, breek daar weereens oorlog uit met Engeland en Nederland teen Frankryk. Dit het tot gevolg dat in 1795 die Betaafse Republiek tot stand kom, die Nederlandse regering omver gewerp word en die Kaap onder Britse bewind kom na die Slag van Muizenberg.

Die oorlog kom tot ‘n einde in 1802 met die ondertekening van die Vrede by Amiens. Die vrede het onder andere bepaal dat die Kaap weer aan die Nederlanders moet oorhandig word, maar onder Betaafse regering. Die VOC is ondertussen bankkrot verklaar in 1798.
Die vrede was egter wankelrig en aan die einde van 1802 daag troepe by die Kaap op saam met Janssens en de Mist om die Kaap te beskerm. In 1806 land Britse oorlogskepe by Bloubergstrand en sluit ongeveer 224 burgers aan by die soldate om die Kaap te verdedig. Die Kaapse mag word egter verslaan deur die Britse oormag tydens die Slag van Bloubergstrand. So word die Kaap weereens Brits in 1806.

In 1811 en ook in 1817 was daar verdure gevegte tussen die Xhosas en die Vryburgers.
Die Britse Setlaars daag in 1820 op in die Kaap.

In 1834 breek daar nog ‘n groot oorlog uit tussen die Xhosas en die Vryburgers en in 1836 begin die Groot Trek. Die Groot Trek was tussen 1836 en 1842.

Direkte kinders in stamboom